previous arrow
next arrow
Anxiety weighs down the heart, but a kind word cheers it up.







Bedieningsnetwerke

Bedieningsnetwerke

Besigtig NG Welbekend se Bedieningsnetwerk met personeel en hul kontak besonderhede.
Lees meer







Raak betrokke

Waar kan ek betrokke raak?

'n Lys van opsies om van te kies sou u graag wil betrokke raak met ons verskeidenheid afdelings om 'n hand te leen.
Lees meer







Preke

Preke

Ons nuutste preke word gelaai vir u gerief om na te luister soos die preek in die Kerk gelei was deur die dominee.
Lees meer







Projekte

Projekte

'n Lys van huidige projekte wat deur die Kerk gehandhaaf en beheer word.
Lees meer







Jeugnetwerk

Jeugnetwerk

'n Samestelling met al die areas wat ons Jeugnetwerk tans besig is.
Lees meer







Kontak ons

Kontak ons

Belangrike informasie vir die publiek soos Bankbesonderhede, adres, kontak besonderhede en besprekings.
Lees meer

Wie is ons

Wie is ons

Ons is `n landelike gemeente wat naby genoeg aan die stad is.
Wat ligging en dinamika betref het ons dus die beste van die platteland sowel as die stad.

Gestig: 4 Augustus 1978 – ons vier hierdie jaar ons 40ste verjaarsdag!

Teksvers by grondlegging: 1 Samuel 7:12: Tot hiertoe het die Here ons gehelp.

Ons naam: WELBEKEND

WEL beteken onder meer `n bron of `n fontein; dit gaan “WEL” : dit gaan goed en voorspoedig; WEL as werkwoord beteken om op te borrel of ook om gloeiende metale aaneen te hamer – om te sweis; WEL! Is ook `n uitroep van verwondering; om verbaas te staan.

BEKEND beteken openbaar, goed bekend, alombekend en gewild.

Kerndoel: Ons kerndoel is dus om alombekend te wees as `n geesvervulde , borrelende en bruisende gemeente waar vuurwarm kinders van God aan mekaar verbonde is in `n liefdevolle gemeenskap waar elkeen dienend `n plek in God se Liggaam het om in Jesus se Voetspore God se LIG te laat skyn vir mekaar en vir die wêreld.

Pastoraal

Pastoraal

Ek is Ian Stanton, getroud met my beautiful vrou Marina. Ek het een groot hartsbegeerteen dit is dat die gemeenskap van Welbekend Jesus ken, Jesus uitleef en werklik mekaar liefhet soos Christus die kerk liefhet. Ek is sameroeper van die pastorale bediening, maar vind myself waar die Heilige Gees my lei.

Kontak: 081 497 9041 | ian@ngwelbekend.za.net

Christa Meintjes, die jeugwerker by Laerskool Witpoort, is getroud met Cilliers Meintjes.

Kontak: 076 302 6462 | jeugmentor@witpoort.co.za

Emeritus, is op die oomblik in die pos as “Pastorale Hulp”. Verantwoordelik vir bykomende pastorale werk, prediking, Senior Bediening – die groep vergader een keer per maand. Lei die Bapsfontein Selgroep, is Sameroeper van die Missionale Netwerk. Is betrokke by die Musiekbediening asook Gebedsbediening Sondagoggende vóór die eredienste.

Kontak: 082 388 1905 | amvw42@gmail.com

Bedieningsnetwerk

Bedieningsnetwerk

Ek en my man Johan en ons twee dogters Twanè en Inge, woon die afgelope jaar (2019) in Nestpark Bapsfontein, alhoewel ons al vyf jaar deel is van die NG Welbekend famillie.

Kontak: 082 497 6904| christahuman 1974@gmail.com

 

Izak van Heerden woon sedert 1996 in die gemeente op Bashewa, is getroud met Suerana en het 2 dogters, Ciska & Ilzè, ʼn kleindogter Sumarien, 2 kleinseuns, Ivan & Wian, wat ook in die gemeente is.

Kontak: 082 552 6457 | izak@gbsquare.co.za
Ek glo dat Welbekend vir God baie na aan die hart lê en dat Hy ʼn baie spesiale doel met ons het waar hy ons op die R25 geplaas het. Ek koördineer die HOOV (Hand, Oor, Oog, Voet) bediening wat fokus op die Liggaam van Christus wat mekaar bedien en versorg met God se liefde sodat elkeen van ons opgebou en sterk gemaak word sodat Christus se Liggaam in die daaglikse lewe sigbaar word. Ons bou mekaar op om uit te gaan en sout vir die aarde en Lig vir die wêreld te wees.

Kontak: 083 630 5181 | gclifford@westbio.co.za
Die Visagie-gesin, Dries, Alma, André en Johan het in Desember 1989 in die omgewing ingetrek en sedertdien het ons ʼn pad met Welbekend Gemeente gestap. Ek leef my liefde vir Jesus uit deur vir Hom my lewe te gee. Kontak: 082 944 4479 | ngwelbekend.kantoor@gmail.com
My naam is Poer Cloete. Poer is ʼn bynaam wat my lewe lank saam my loop en omtrent net my ma gebruik nou en dan my regte naam, Rian. Ek hou van jag, skiet, gewere en het baie ander stokperdjies wat met die buitelewe te doen het. Ek is betrokke by die jeug en is die jeugmentor vir die Graad 9’s, ek is betrokke by die missionale kommissie en is ook lid van die dagbestuur waar ek verantwoordelik is vir gemeentebou.

Kontak: 082 388 2287 | poer@kleinfontein.net
Ek is die sameroeper van die finansiële kommissie. Ons doen saam die begroting en koste kontrole van die gemeente en probeer planne beraam om ons inkomste te verhoog.

Kontak: 082 777 0209 | wernadia@gmail.com

Ek is nuut

Ek is nuut

Baie Welkom!

Mag jy/jul en jou gesin jou/jul plek in God se Liggaam by Welbekend vind. Mag jy/julle geborgenheid en liefde ervaar en jou/jul verhouding met God en jou/jul geloof groei sodat jy/jul deur liefde en dankbaarheid gedring dienend in Jesus se Voetspore sal loop deur die Lewende Woord passievol uit te leef.

Vorms

Vir enige van die inskrywingvorms waarin u belangstel, klik op u keuse om die vorm af te laai en handig asb. die voltooide vorm in by die kerk met Alma Visage.

Lidmaatskap

  • Stel u belang of wil u graag aansluit by NG Kerk Welbekend gemeente? Indien wel, gebruik die blokkie op regterkant om die lidmaatskap vorm af te laai, voltooi, en handig in by die kerk.

Kinderbediening

  • Stel u belang of wil u graag aansluit by NG Kerk Welbekend gemeente? Indien wel, gebruik die blokkie op regterkant om die lidmaatskap vorm af te laai, voltooi, en handig in by die kerk.

Doopvorm

  • Stel u belang of wil u graag aansluit by NG Kerk Welbekend gemeente? Indien wel, gebruik die blokkie op regterkant om die lidmaatskap vorm af te laai, voltooi, en handig in by die kerk.

Lidmaatskap

  • Stel u belang of wil u graag aansluit by NG Kerk Welbekend gemeente? Indien wel, gebruik die blokkie op regterkant om die lidmaatskap vorm af te laai, voltooi, en handig in by die kerk.

Kinderbediening

  • Stel u belang of wil u graag aansluit by NG Kerk Welbekend gemeente? Indien wel, gebruik die blokkie op regterkant om die lidmaatskap vorm af te laai, voltooi, en handig in by die kerk.

Doopvorm

  • Stel u belang of wil u graag aansluit by NG Kerk Welbekend gemeente? Indien wel, gebruik die blokkie op regterkant om die lidmaatskap vorm af te laai, voltooi, en handig in by die kerk.

Kalender

Kalender

Kontak Ons

Kontak Ons

Adres

Nest Park XT1
Bapsfontein
1510

GPS
S.25⁰59’32.733”
0.28⁰26’42.411″

Bank Inligting

NG Kerk Welbekend
ABSA Bank
Tjekrekening
2140590080
Takkode
630193

Kontak

 +27 11 964 1207
 ngwelbekend.kantoor@gmail.com

Bluerooster_logo_Landscape

© Copyright 2021 NG Welbekend | All Rights Reserved.

Developed by Bluerooster Media